| ||||||||||||||||||||
Algemene Jaarvergadering van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika Port Elizabeth Womens Club, Summer Strand, 25 Februarie 2006 |
||||||||||||||||||||
eGGSA Jaarverslag 2005
eGGSA het weer 'n baie goeie jaar gehad - in terme van werwing van nuwe lede, retensie van bestaande lede en ook in terme van produkte wat ons namens GGSA en ander organisasies verkoop het.
Kom ons kyk eers na die belangrikste: ons lede en die dienste wat ons aan hulle bied. Aan jaareinde het die eGGSA 265 lede gehad. Dit het weer sterk groei vanaf 2004 verteenwoordig, toe ons met jaareinde 144 lede gehad het. 'n Beduidende persentasie van ons lede was nie vantevore by die Genootskap betrokke nie.
Ons lede is soos in die verlede wyd oor die wereld versprei, hoewel ons natuurlik steeds 'n redelike klompie RSA lede het. 'n Groot aantal van ons RSA lede is ook lede van ander takke.
Distribusie van ons lede: In RSA, slegs eggsa : 81 in RSA, ook ander takke : 102 VSA : 25 Aus/NZ : 31 Europa : 26
Net minder as 55% van ons lede is manlik (145 vergeleke met 120 vroulike lede). Taalgewys is ons lede redelik gelyk verdeel tussen Afrikaans (137) en Engels (128).
genesis: Een van die dienste wat ons aan ons lede bied, is die publikasie van ons kwartaallikse tydskrif genesis. genesis word oor die algemeen baie goed ontvang en hoewel ons hierdie jaar van ons redakteur afskeid moes neem, kon ons steeds danksy Gerda Pieterse en Colleen Orr se hulp 'n hoλ gehalte tydskrif aan die lede lewer.
Sommige van die artikels wat hierdie jaar in genesis publiseer is, sluit in:
Die dagboek van Jacobus Wille is ook in 'n aantal uitgawes geserialiseer, en dit word in 2006 voortgesit.
Ons het ook 'n aantal lang bydraes ontvang wat in 2006 in episodes gaan verskyn. Hierdie sluit in:
eGGSA webblad: eGGSA se webblad geniet heelwat aandag. Ons het ook onlangs begin met 'n projek om 'n aantal transkripsies gratis beskikbaar te stel via die web. Die transkripsies wat tans deur Richard en Keith se harde werk beskikbaar gemaak kon word, sluit in:
Die volgende projek waaraan gewerk word is die beskikbaarstelling van begraafplaas fotos - fotos sowel as transkripsies van die grafstene. Hierdie projek word grootliks deur ons webmeester bedryf, terwyl ons lede direk hul fotos en transkripsies oplaai.
Laastens word daar gewerk aan die beskikbaarstelling van 'n aantal boeke as gratis aflaaibare PDF lκers. Sover is die Duvenage boek en die Nageslag van Johannes de Waal beskikbaar.
Verkoopsooreenkomste: Ons het met verskeie organisasies en ook privaat persone verkoopsooreenkomste aangegaan of bestaande ooreenkomste hernu. Tans het ons die volgende ooreenkomste:
Uit bostaande ooreenkomste is daar in 2005 die volgende Cd's verkoop:
Bostaande verkope het R18090 aan die verkopers gelewer en 'n netto opbrengs van R3385 aan die eGGSA besorg.
Verkope van GGSA produkte: Ook wat die verkope van GGSA produkte betref het eGGSA 'n goeie jaar beleef. Die volgende produkte is verkoop:
Bostaande verkope het 'n inkomste van R17140 vir die GGSA gegenereer en R545 vir eGGSA opgelewer.
Finansies: Die toename in ons ledetal, die styging in die subskripsies vir genesis asook die verkope hierbo genoem, het 'n positiewe invloed op ons finansiλle posisie gehad. Teen jaareinde het die eGGSA 'n saldo van R16981.93 in die bank, met geen krediteure nie. Dit vergelyk met 'n batige saldo van R3308.53 aan die einde van 2004.
Vooruitsigte vir 2006:
Na aanleiding van kommentaar van ons lede, wil dit lyk of ons dinge reg doen en tans aan hulle verwagtinge voldoen. Soos met enige dinamiese organisasie moet ons egter die oog op die toekoms hou en aankou innoveer ten einde steeds ons dienste aan lede te verbeter. Een van die tekortkominge van enige vrywilliger-organisasie is egter dat daar selde genoeg mense beskikbaar is om die werk te doen. So is dit ongelukkig ook in eGGSA se geval. Ek vertrou dat ons hierdie jaar meer mense sal kry wat hulle hande sal opsteek om te help, en dat dit dit makliker vir ons almal sal maak om eGGSA en gevolglik ook GGSA van krag tot krag te laat gaan.
Laastens wil ek graag dankie sκ aan almal wat van eGGSA die sukses gemaak het wat ons is - sonder almal se samewerking sou ons nie aan ons lede se verwagtinge kon voldoen nie.
Colin Pretorius | ||||||||||||||||||||
|
| ||||